Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "nuwe hemp" deur CHARL DURAND
"nuwe hemp" deur CHARL DURAND [boodskap #47166] So, 22 Julie 2001 13:30 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

nuwe hemp
Charl Durand

'n Nuwe hemp is soos 'n nuwe kers, jy sien dit in
ander mense se oë , nuwe oë . Self verkies ek
extra large, om toe te laat vir krimp, sien. die
moue voel soos 'n ander land, nuutgevind, die
glimlag nadat ek die meisie die eerste keer
gesoen het. Voel die nuwe nate, die stryklyne is
nog maagdelik. Haal die prys af, oppas vir die
spelde! Ek dra die nuwe hemp simfoniekonsert
toe, die orkes speel die hemp oop. Ou hemde is
vir ou konings sonder gemeentes. Dit verbleik
op die wasgoedlyn soos 'n terminale ideologie.
Laat 'n nuwe hemp toe om jou 'n storie te vertel,
'n reisverhaal of liefdesroman. Dit sal vars klink,
vir altyd, want nuwe hemde vergaan eintlik
nooit nie.
Re: "nuwe hemp" deur CHARL DURAND [boodskap #51557 is 'n antwoord op boodskap #47166] Vr, 12 Oktober 2001 13:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Mooi, G! En nogal aktueel ook op die oomblik!

Persoonlik haat ek nuwe hemde. Hulle is krapperig en styf... Word eers na
die vyfde was lekker om te dra... Ek verkies ook extra large, maar dis oor
my flippen arms so lank is! (Tel dit ook in jou boekie?)
____________________________________________

nuwe hemp
Charl Durand

'n Nuwe hemp is soos 'n nuwe kers, jy sien dit in
ander mense se oë , nuwe oë . Self verkies ek
extra large, om toe te laat vir krimp, sien. die
moue voel soos 'n ander land, nuutgevind, die
glimlag nadat ek die meisie die eerste keer
gesoen het. Voel die nuwe nate, die stryklyne is
nog maagdelik. Haal die prys af, oppas vir die
spelde! Ek dra die nuwe hemp simfoniekonsert
toe, die orkes speel die hemp oop. Ou hemde is
vir ou konings sonder gemeentes. Dit verbleik
op die wasgoedlyn soos 'n terminale ideologie.
Laat 'n nuwe hemp toe om jou 'n storie te vertel,
'n reisverhaal of liefdesroman. Dit sal vars klink,
vir altyd, want nuwe hemde vergaan eintlik
nooit nie.
Re: "nuwe hemp" deur CHARL DURAND [boodskap #51565 is 'n antwoord op boodskap #47166] Vr, 12 Oktober 2001 14:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Max wrote:

> extra large, maar dis oor
> my flippen arms so lank is! (Tel dit ook in jou boekie?)

Wel, lang arms is altyd goed vir vele dinge.
Hopelik lyk jy darem nie soos Mr. Ples nie.

Tant Hessie met die maatstok.
Re: "nuwe hemp" deur CHARL DURAND [boodskap #51581 is 'n antwoord op boodskap #47166] Vr, 12 Oktober 2001 19:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 12 Oct 2001 13:50:55 GMT, @home.com wrote:

> nuwe hemp
> SA ng
>
> 'n Nuwe hemp is soos 'n nuwe skryfding ,
> blink van bo en 'n sak vol ink
> jy sien dit in
> ander mense se oë , nuwe oë soos die blou ink
> . Self verkies ek
> om die aftershave na die skeer te gebruik
> maar, om ink te laat krimp, sien. die
> karringmelk sy bodem,
ens..........
Re: "nuwe hemp" deur CHARL DURAND [boodskap #52902 is 'n antwoord op boodskap #51581] Ma, 05 November 2001 09:02 Na vorige boodskap
Tinkerbell  is tans af-lyn  Tinkerbell
Boodskappe: 80
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Volle Lid
Davie Davis skryf in boodskap news:...
> On Fri, 12 Oct 2001 13:50:55 GMT, @home.com wrote:
>
>> nuwe hemp
>> SA ng
>>
>> 'n Nuwe hemp is soos 'n nuwe skryfding ,
>> blink van bo en 'n sak vol ink
>> jy sien dit in
>> ander mense se oë , nuwe oë soos die blou ink
>> . Self verkies ek
>> om die aftershave na die skeer te gebruik
>> maar, om ink te laat krimp, sien. die
>> karringmelk sy bodem,
> ens..........

Hi,
Ek wonder maar net of hy die das-dra-tipe is.
En of hy sy eie klere koop?
En skoene...hoeveel pare skoene.
Sommer hardop gedink.
Vorige onderwerp: Uit "Vergelegen" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: "Die Kundige Minnaar" deur SHEILA CUSSONS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 17:34:50 MGT 2024